Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » In herinnering Jan Rabie: "Om te lewe is onnatuurlik" deur GERT VLOK NEL
In herinnering Jan Rabie: "Om te lewe is onnatuurlik" deur GERT VLOK NEL [boodskap #53546] Sa, 17 November 2001 13:49
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
Eenvoudige spoorwegstories
Gert Vlok Nel

oproep

Goegie was veraf vandag
vandag toe ek hom bel
en vanuit die kruik vertel
heel godse dag gesit en paint sê hy
toe in die kar geklim, toe berg toe gefokkenry
kaalgat vleis gebraai hoog bo iewers oers
by galopping van einders, toringing (w(o(l(k(e
toe in die kar geklim en terug gery
toe veraf geklink vir my.

desember & see

groteske wolke beweeg bo-oor die toneel

ons twee arme spoorwegdôners op hermanus -
dit het die heel eerste aand subkultureel wreed gereën
oral om i army-bivvy. i halwe afstand van ons in mis
het rykes in i fokkenmansioninthesky (in die heelal)
gedine & wine. ek wou nie dat jy kyk & sien nie.
dalk sou hulle brutaal brood drink en vir ons
wyn gee.

dit was ons eerste outing see toe, op 16 & 22.
vanaf beaufort. lift hermanus toe. Attie my broer
en ek. jy’t stormy weather gesing in die nag as
bevestiging & vergissing, maar summertime sou
nie beter gedoen het nie. stilte ook nie. sundown
was i moerse comedown. “nag At,” het ek gesê.
“Ja”

5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
jeans en truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
was gou warm. t.s.v. die kak drizzle. ek
wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
maar het alreeds alles weggegee
aan herhinnering & pyn

om nou, got-jare later, te berg uit vadems donker
trog, vasgenael teen dek en maspaal, vloekende hollander
elke keer wat ek bo-oor kruis, of
ek herrangskik freneties
dekstoele. of preweling. of ek bid tot got, ons hotnotsgot.
of iets At maar dié belowe ek jou At:
rym se moer:

ons het een dag gebly: dit was aand
en natuurlik môre. daar was lig. “dis die 1ste
dag van die res van ons lewe,” kon ek sê.
dit was die 2de oggend op die 3de planeet van die son.
ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
van die kro, en die ekwilibrium van oë. ek ril
by herinnering aan hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het
1) ons het gehaaik. 2) ons het onrus gehaal.
een twee drie dis i kak plek die moes ons sing
bo-oor die STEREO van die nice holes of ass wat ons
opgelaai het. in opgeboude kombi. ons het by enige huis geklop.
“kom in” het jan rabie gesê. (lieflike radyse in die hand.)
in die hoek het ettienne leroux soos i soutpilaar gesit, saam met
elizabeth, sy lot. sy blik

was toegetrek. hy’t ons en jy’t hom nie herken nie.
“ons soek Daan verwey, i pel van ons,” het ons gesê.
teen uitgebasterde aand was ons op die plato, in fatale
reën, by matjiesfontein, teen 160 k.p.u. ons kopligte
het getippex oor opgehewe heuwels, vae huise, petite lig.
3) ek onthou vanaand At, vir wat dit was, jou blik:
om te lewe is onnatuurlik.
Vorige onderwerp: " Reënerige oggend in Pennington " deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Sondag van 'n kind" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 00:19:53 MGT 2024